Britz Phillip

Gebore 1966. Professionele kunstenaar vir die afgelope 16 jaar. Het reeds op skool talent getoon deur verskeie kompetisies te wen. Na skool he thy skilder lesse geneem by Alda van Biljon.

Phillip se volwasse impressionistiese styl lok groot belangstelling onder hedendaagse kopers, vanweë sy sterk kleur gebruik. Sy palet aanwending is defnitief aan sy persoonlike styl. Hy het dit reggekry om swaar tekstuur en warm kleure saam te laat werk op doek; nie so maklik as wil voorkom vir die alledaagse oog nie.

Versamelaars is veral gaande oor sy vermoë om relatief besige tonele in volkleur te balanseer en in besondere detail te werk met ‘n palet mes.

Sy werke word landwyd bemark deur galerye asook enkele oorsese galerye. Phillip word beskou as ‘n kunstenaar wat nog groot erkenning gaan vermag in die kunswêreld.

Some of Works

Add Your Comment

    Developing Company © 2021. All Rights Reserved
    Privacy Policy / Terms of Use