Gebore op 15 Februarie 1919 te Pittem, Wes-Vlaander, Begië.
Aankoms in SA in 1946 as 27 jarige sendeling deur die Rooms Katolieke Kerk gestuur. Die idée was nie om in SA oud te word nie, maar die lewe het sy eie loop geneem.
Claerhout het geen formele kunsopleiding gehad nie, maar kom wel uit ‘n kunsbewuste familie. Hy het in 1957 ernstig begin skilder, ruwe sketse, somber tonele in vaal kleure. In 1960 het hy na Thaba ‘Nchu verhuis en hier selfs meer begin skilder.
Hy is mensliewend, daarom verkies hy om mense, donkies en sonneblomme te skilder; met ‘n afwisseling van ‘n landskap hier en daar. Een van sy hoofonderwerpe om te skilder is die ma en kind figure. Hy skilder graag deur die oë van ‘n kind. Hul sien nie ‘n ma met tien vingers en tien tone nie, maar eerder iemand met liefde, wat ‘n soen gee of met ‘n blom.
Vir Claerhout gaan kuns en innerlike gevoelens hand aan hand, en daarom is meeste van sy kunswerke van godsdienstige aard.
Nasionale Uitstallings –
1ste : 1957 – Bloemfontein
2de : 1959 – Bloemfontein
3de : 1960 – William Humphrey Kunsmuseum, Kimberley
4de : 1960 – Egon Gunter Private Kunsgalery, Johannesburg.
Solo Uitstallings –
1ste : 1967 – Egon Gunter Kunsgalery, Johannesburg
1964 tot 1980 – uitstallings in groter stede in SA en UNISA.
Internasionale Uitstallings –
België, Kanada, Duitsland en Chicago.
REEKSE van skilderye –
Die Sonnevanger
Christus in Tweespruit
Christus en die ander persoon
Reconciliation by women
The dance of the farm labourer.
Claerhout se werke word deur verskeie kunshandelaars verkoop, waarvan Morné Kretschmann een van die grootste handelaars is. Kliënte moet baie seker maak voor die aankoop van ‘n Claerhout skildery, omrede daar steeds vervalsings in die land in omloop is. Slegs persone met jare kennis kan dit uitken. Dus is dit belangrik om die handelaar te ken by wie die aankope gedoen word.